Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dominee sterf kort ná terugkeer na Bhm

Emeritus-dominee Berend Greyling (61) is Woensdag (15/01) dood. Hy het kanker gehad.

Greyling was 28 jaar lank die leraar van die Hervormde kerk in Bethlehem, waarna hy, sowat sewe jaar gelede, na Namibië verhuis het.

Daar het hy in toe is waar hy ’n beroep aanvaar het in Grootfontein, Tsumeb, Oshakati en Rundu gedien.

Ná sy vrou, Jessie, se dood is hy is agt jaar gelede met Leonie, ’n ou skoolvriendin, getroud.

Volgens Leonie is kanker verlede jaar by hom diagnoseer.

Hy moes elke drie weke na Windhoek reis om chemoterapie te ontvang.

Weens sy siekte het hy emeritusskap ontvang.

Die Greylings het in November na Bethlehem verhuis.

Greyling se begrafnisdiens is Dinsdag (21/01) in die Hervormde kerk in Barry de Kokstraat gehou.

Hy word deur Leonie, sy seuns – Johan, Henning en Derick – en sewe klein­kinders oorleef, asook deur sy stiefkinders: Leonie van der Merwe, Anita Saayman, Jenni Ferreira, Karin Potgieter en Bennie Saayman.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.