Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorp ‘kragteloos’

Betroubare dienslewering is lankal iets van die verlede, en dit help seker nie eens meer om jou mening daaroor te lug nie.

Aan die begin van April sukkel inwoners van Kroonstad om krag te koop. So voor die langnaweek, wanneer almal kuiermense kry, besluit die diensverskaffer se koopkragstelsel om op te pak. Kroonstadters word met hul broek op hul knieë gevang en moet planne maak.

Dit is bykans net soos die krisis wat ons einde 2019 beleef het toe die nuwe kragmeterstelsel ingestel is en ons in lang rye moes staan, tot laatnag, om krag te koop.

Dit laat ’n mens weer met baie vrae, soos: Hoekom kan daar nie dadelik ingetree word wanneer daar ’n krisis ontstaan nie?

Die bekwaamheid van mense wat dienste moet lewer, laat veel te wense oor, en onskuldige inwoners moet altyd die spit afbyt.

Dit is eenvoudig nie reg nie, maak nie saak w­at die honderde redenasies rondom die saak is nie.

An­oniem,
Kroonstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.