Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorp laat paaltjies kantel

Krieketspelers van Bethlehem Dorp 1 en Bethlehem Oudskoliere 1 het Saterdag (30/11) in die Andras Findt-50-boulbeurtliga meegeding. Bethlehem Dorp 1 het Oudskoliere met 35 lopies geklop.

Dorp het gekies om eerste te kolf en in die toegelate 50 boulbeurte 200 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aangeteken.

Francois Grove en Thomas Gibson was die span se beste kolwers. Grove het 84 lopies van 116 balle aangeteken, en Gibson 48 lopies van 71 balle.

Oudskoliere se topboulers was Willie van Zyl en Armand Kemp. Van Zyl het 3 paaltjies geneem en in 9 boulbeurte 38 lopies afgestaan. Kemp het in 10 boulbeurte 2 paaltjies laat kantel en 34 lopies afgestaan.

Oudskoliere was almal uit vir 165 lopies.

Dié span se beste kolwers was Francois van Rooyen, wat 41 lopies van 45 balle gemoker het, en Charlie Janse van Rensburg, wat in 69 balle 32 lopies aangeteken het.

Dorp se beste boulers was Francois Grove, wat in 9 boulbeurte 3 paaltjies laat kantel het en 19 lopies afgestaan het, en Mathew Maritz, wat in sy 4 boulbeurte 2 paaltjies geneem het en 18 lopies afgestaan het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.