SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Dorp wenner van T20-liga

Bethlehem-dorp se eerste span het Saterdag (03/11) in Bethlehem-paneelkloppers se T20-krieket­liga gewen. Hy het Bethlehem-oudskoliere se eerste span met 57 lopies geklop.

Bethlehem-dorp het eerste gekolf en 159 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Hulle het in die poel vir eerste spanne gespeel.

Dié span se beste kolwers was Thomas Gibson, wat 35 lopies van 24 balle aangeteken het, en Jaco Esterhuizen, wat 27 lopies van 14 balle aan­geteken het.

Oudskoliere se topbouler was Carl van Rooyen. Hy het 4 boulbeurte geboul, 2 paaltjies geneem en 30 lopies afgestaan.

Bethlehem-oudskoliere het 102 lopies vir die verlies van 10 paaltjies aangeteken.

Dié span se beste kolwer was Ernst Janse van Rensburg, wat 23 lopies van 21 balle aangeteken het.

Bethlehem-dorp se beste bouler was Armand Kemp. Hy het 3 boulbeurte geboul en 4 paaltjies geneem en slegs 15 lopies afgestaan.

In ’n ander wedstryd in die poel vir tweede spanne het Bethlehem-dorp se tweede span, WHDG Dorp 2, ook as wenner uit die stryd getree.

Hy het Qwaqwa met 7 paaltjies geklop. Qwaqwa het eerste gekolf en almal was ná 19 boulbeurte uit vir 88 lopies.

Bethlehem-dorp 2 het 91 lopies aangeteken in 11 boulbeurte. Slegs 3 paaltjies is geneem. Dié span se beste kolwer was Bennie Viljoen, wat 20 lopies van 12 balle aangeteken het en nie uit was nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.