Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eenstop-gerief met trots gebied

Geen boere, geen toekoms.

Safari-onderdele in Bethlehem weet dat boere en die landbousektor ’n integrale deel van die Oos-Vrystaat se gemeenskap en ekonomie is.

Dit is daarom geen verrassing nie dat dié lank gevestigde verskaffer van trekkers en trekkeronderdele steeds sy plek in die streek, en wyer, vol staan.

Safari-onderdele op die hoek van Cambridge- en Pres. Brandstraat vestig hom ná jare se uitstekende dienslewering op 1 Julie opnuut as ’n eenstop-diensverskaffer aan die boer wat behoefte het aan onderdele van veral ouer modelle Ford- en Fiat-trekkers.

By Safari-onderdele kan die koper wat in die mark is vir ’n verskeidenheid gebruikte trekkers en implemente soos stropers, spuite en planters in ’n puik toestand, kom aanklop.

Kliënte van Safari-onderdele is in die bekwame hande van die lede van die Safari-span, almal met meer as 20 jaar se ervaring in die bedryf.

Luther Heydenreich is ’n bekende onder boere, wat reeds sedert 1992 by Safari-onderdele werk en dus ’n stewige 27 jaar se ervaring as onderdelebestuurder tot dié onderneming bydra.

Corrie Swanepoel is met 23 jaar se diens reeds sedert 1997 as algemene administrasie­bestuurder by Safari betrokke.

Gert Kemp, met jare se ervaring van trekkers, is al sedert 1973 in dié bedryf betrokke.

Die span word deur Petrus Motaung afgerond.

Heydenreich, wie se loopbaan in 1981 in Vrystaat-Ford se onderdeleafdeling begin het, sê dat Safari se visie is om dieselfde uitnemende diens aan boere te lewer as vroeërjare, toe die besigheid reeds ’n gerekende naam by kliënte was.

Het Safari nie dit waarvoor die kliënt vra nie, sal die bekwame span dit opspoor, gee Heydenreich sy versekering.

Safari-onderdele se geskiedenis strek so ver terug soos 1988 – oor die 30 jaar.

In daardie jaar is die onder­neming deur Jan van der Walt, nou reeds oorlede, in Louwstraat in Bethlehem begin.

In dié tyd het die onderneming meer op Massey Ferguson en tweedehandse onderdele gefokus, asook merendeels op die verskaffing van gebruikte trekkers en implemente.

Safari se reputasie loop hom vooruit en nou, in ’n nuwe gedaante, het gevestigde kliënte reeds weer van hulle laat hoor.

Van so ver soos Wepener en Zastron het hulle kom aanklop, selfs so ver soos Marble Hall, sê Heydenreich.

Safari-onderdele het boonop ’n lang geskiedenis van dienslewering aan kliënte uit die naburige Lesotho.

Dit is sprekend van Safari-onderdele se uitnemende diens deur die jare dat selfs ’n nuwe geslag kom aanklop vir voorsiening in hul behoeftes rakende trekkers en trekkeronderdele.

Gevestigde kliënte, soos Michael Scheepers van Fouriesburg, se seun, Jan, is ook ’n kliënt – so ook Callie da Silva, seun van Carlos da Silva van Harrismith, asook Jurie Wessels van Steynsrus en Andries Rautenbach van Lindley.

Die Safari-familie is dit eens dat dié eenstop-onderneming sy plek vir nog vele jare in die Oos-Vrystaatse boerdery­gemeenskap sal vol staan.

Spesiale aanbiedinge

Ford-aansluiter R1 725

ADE-aansluiter R1 610

Ford 8030-petrolpomp R300

Ford 5000-stuurkas R3 100

Ford 5000-waterpomp R3 400

Ford 13’’-koppelaar-en-drukplaat R2 617

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.