Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eer vir kwarteeu se diens

’n Negentigjarige inwoner van Bethlehem is in Julie tydens ’n reünie van oud­bevelvoerders en oud-regiment-sersant-majoors (RSM’s) van 2 Veldgenie­regiment van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Bethlehem vereer.

Theo May, tans ’n inwoner van die Bethlehem-aftreeoord, was vir ’n kwarteeu die RSM van dié eenheid.

May sê dit was goeie weermagjare in ’n tyd van vele boikotte teen Suid-Afrika.

Hoewel hy nie in die Angola-grensoorlog op die gevegsfront was nie, was hy by opleiding betrokke.

Baie werk is in Bethlehem gedoen om soldate vir weermagdiens in die grensoorlog paraat te maak. Dit was ’n tyd toe soldate baie goed opgelei is en dissipline op ’n hoë vlak was, sê May.

May sê as regiment- sersant-majoor het hy baie respek teenoor hom as persoon ervaar en hy kyk steeds terug op ’n goeie diens­tydperk.

Hy was die enigste van die oud-regiment-sersant-majoors wat die reünie by die weermagsaal bygewoon het omdat al sy tydgenote reeds oorlede is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.