Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Egpaar begin nuwe hoofstuk

’n Egpaar van Kroonstad roep hul tuiste van bykans 39 jaar vaarwel toe.

Hennie en Violet Ludick, wat diep spore in die gemeenskap gelaat het, sal hulle binnekort in die Paarl in die Wes-Kaap vestig.

Hennie was 44 jaar lank aan onderskeidelik die voormalige Oranje-Vaal-ontwikkelingsraad en die Kroonstad-munisipaliteit, nou bekend as die Moqhaka-munisipaliteit, verbonde. Hy sal op 30 September amptelik aftree.

Violet, ’n geregistreerde verpleegkundige, was werksaam by die destydse Voortrekker-hospitaal en die Boitumelo-hospitaal.

Sy het die afgelope 12 jaar in die niereenheid aan die Mediclinic Welkom gewerk.

Die egpaar het drie kinders: Ian (getroud met Yolandie), Stefan (getroud met Shantelle) en Nadia (getroud met James-Henry Meiring).

Hennie en Violet groet al die Kroonstadters, vriende en familie.

“Ons is dankbaar vir almal in Kroonstad wat deur die jare net vir ons goed was,” sê Hennie.

“Ons sien ook vreeslik uit na die nuwe, opwindende hoofstuk in ons lewe.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.