Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ek wil gesels, al is ek nie jou pappa

Johann Viljee, Bloemfontein:

In 1972 was jy een van talle jongmense wat die koffiekroeg in Bethlehem se byeenkoms bygewoon het. Jy was ’n 13-jarige aangenome kind wat jou biologiese mense wou opspoor.

Maar dis nie oor jou soektog dat jy daar was nie; meer oor jou eensaamheid.

Daardie aand, terwyl ek my getuienis gee, het ek genoem dat ek na my aangenome dogter soek. Daar was geen reaksie nie.

Ná die aand se verrigtinge het jy na my gekom en gevra: “Oom, is oom nie dalk my pappa nie?”

Ek het jou ’n paar vrae gevra en ek kon eerlik antwoord: “Nee, ek is nie jou pa nie.”

Jy het bly staan en smekend gevra: “Wil oom nie maar my pappa wees nie?”

Ek is nou 76 en jou woorde bly my steeds by. Jou vraag het my diep geruk. Ek kan nie eers my antwoord onthou nie, behalwe dat ons ’n paar oomblikke daaroor gesels het en ek jou foto en ’n berig oor jou in my koerant geplaas het.

Ons het nooit weer van mekaar gehoor nie. Deur die jare het twee ander vroue my dieselfde vraag gevra: “Wil Oom nie maar my pappa wees nie?”

Niks was destyds verkeerd met jou kinderlike vraag nie. Dit bewys net hoe diep ware verlange ’n mens kan tref. Dit is ’n vraag van uiterste hoop.

Ek het 40 jaar gesoek en my dogter gevind. Sy het ook jare lank na my gesoek. Tog het ek nooit van jou of jou vraag vergeet nie.

Nou kan ek gesels; nou wil ek graag my storie met jou deel. Ek wil jou ook help as jy nog nie jou mense gevind het nie. Skryf aan my by viljee7@­gmail.com.

Al woon jy dalk nie meer in Bethlehem nie, is ek seker daar is ander in die dorp wat sal weet waar jy is.

As jy nie meer in Bethlehem woon nie, is ek seker daar is

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.