Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eksplorasie laat gevaarligte flikker

Konvensionele hidrobreking sal die land se broodmandjie vernietig.

Só sê dr. Francois Martens, ’n geo­loog en boer van die gebied tussen Frankfort en Heilbron. Hy het gereageer op die toestemming wat die departement van minerale bronne en energie verleen het aan die Amerikaanse maatskappy Rhino Oil and Gas om in KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat na aardgas, olie en helium te soek.

“Eksplorasie is een ding – maar as dit by mynbou kom, sal ons moet seker maak daar word nie hidrobreking gedoen nie.”

Martens sê wanneer hidrobreking gebruik word om gas te ontgin, word bensien en sand in die aarde ingepomp om die aardgasse vry te stel en te myn. Dié bensien besoedel die water.

Daar is deesdae meer aanvaarbare en omgewings­vriendelike maniere om gas te myn, maar dit is nie so lonend nie.

Groundwork, ’n organisasie sonder winsbejag wat hom vir bewaring beywer, sê in ’n verklaring hy gaan beslis teen die besluit appèl aanteken.

Avena Jacklin, woordvoerder vir Groundwork, sê die regte prosesse is nie in die aansoek om eksplorasieregte gevolg nie en dat dit nie nodig is om in dié ekologies sensitiewe gebied te eksploreer nie. Die gebied verteenwoordig ’n strategiese waterbron vir die nasionale ekonomie en is ook ’n hoogs produktiewe landbougebied waarby die bevolking ekonomies baat vind.

Groundwork sê die eksplorasie sal lei tot die uitgebreide en regstreekse besoedeling van die gebied wanneer ontginning plaasvind.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat en ook ’n boer in die gebied wat deur die beplande eksplorasie geraak word, sê sy party is baie bekommerd oor die goedkeuring wat vir eksplorasie gegee is. Hy sê dit is onaanvaarbaar dat die regering bereid is om die bevolking van die gebied, wat boere insluit, se waterbronne op dié manier te bedreig.

Alet van der Walt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.