Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Erfenis met erns bewaar
Die nuutverkose bestuurspan van die Bethlehem-erfenisvereniging is van links dr. Eben von Well, Pieter Olivier (ondervoorsitter), Erika van Eeden, Ina van Rensburg, Tertius du Preez (voorsitter) en Maritha Swanepoel (sekretaresse en tesourier). Foto: Verskaf

Ná die geweldige plundering van historiese geboue en erfenisterreine in Bethlehem en omgewing is die Bethlehem-erfenisbewarings­vereniging gestig.

Die doel van die vereniging is om te verseker dat die wet op natuurlike en historiese gedenkwaardighede en oudhede toegepas word.

Dit kom nadat honderde oorlogsgrafte in die Anglo-Boereoorlog-begraafplaas in ’n vlaag van plundery beskadig is en die ou landdroskantoor onder vandalisme deurgeloop het.

Die nuutverkose bestuurspan van die Bethlehem-erfenisvereniging is van links dr. Eben von Well, Pieter Olivier (ondervoorsitter), Erika van Eeden, Ina van Rensburg, Tertius du Preez (voorsitter) en Maritha Swanepoel (sekretaresse en tesourier). Foto: Verskaf

Intussen is die Commonwealth War Graves Commission (CWGC), asook die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) gekontak vir hulp om die vandalisme te bekamp. Die CWGC het kontrakteurs aangestel om die begraafplaas op te knap en die ou landdroskantoor is beveilig.

Almal met ’n liefde vir die bewaring van kultuurerfenis kan hulle by die vereniging aansluit.

Die ledegeld is R100 per jaar en die Vriende van die Bethlehem-museum wie se ledegeld opbetaal is, kan teen slegs R10 per jaar aansluit.

Bel Pieter Olivier by 082-293-0680 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.