Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fedsas groet formidabele onderwysman
Simon Machere

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het afskeid geneem van 'n formidabele onderwysman in die Oos-Vrystaat, Simon Machere (70).

Machere, ’n voormalige skoolhoof van die Ntsu Secondary School wat in Bethlehem bly, het hom ná sy aftrede by Fedsas aangesluit en het nou finaal die tuig neergelê.

Dié stil steunpilaar in die onderwys is deur sy voormalige skool vereer deurdat die nuwe administrasieblok van die Ntsu Secondary School sedert 2017 as die Mr MS Machere Administration Block bekend staan.

In sy toespraak tydens Machere se afskeid het Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, gesê dat hy op 11 April 1998 in die personeelkamer van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem vir Machere ontmoet het.

In daardie stadium het die Vrystaatse departement van onderwys aangekondig dat 1 200 tydelike onderwysers oortollig verklaar is en nie na die vakansie heraangestel sou word nie. Colditz het opdrag ontvang om ’n aansoek te bring vir die ter syde stelling van die opdrag – Machere se skool sou in die proses 17 onderwysers verloor.

Colditz vertel: “Dié stil man het ontplof”.

Colditz sê hy het toe dadelik geweet dat hy en Machere oor die weg sal kom want Machere het ’n hart vir gehalte-onderwys.

Baie jare later het hierdie stil leier wat Afrikaans, Engels en Sotho magtig is, hom by Fedsas aangesluit.

Tydens die pas afgelope opleiding van skoolbeheerliggame (SBL) ná die verkiesing van die nuwe beheerliggame, het Machere meer as 300 SBL-lede van die Qwaqwa-omgewing in Sotho opgelei.

Colditz sê Machere is ’n merkwaardige mens wat ’n betekenisvolle lewe lei.

Hy was altyd die stil man in Fedsas wat gelei het deur voorbeeld en optrede en nie deur sy woorde nie.

Machere het in sy afskeidstoespraak vir Chris Verhoef, Fedsas se bestuurder in die Vrystaat, bedank vir sy leiding en hulp, asook sy twee ander kollegas, Okkie Botha en Kgobi Dikana, vir hul kollegialiteit en vriendskap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.