Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fees herdenk gelofte

Die Laertrek-geloftefees, wat vanjaar van Vrydag 14 Desember tot Sondag 16 Desember plaasvind, se program is vol aktiwiteite vir die hele gesin.

’n Oggend-biduur sal op Saterdag 15 Desember om 07:30 gehou word, waarna geloftefeesgangers om 08:00 vir die gelofterit van die Laertrek-geloftefeesterrein sal vertrek.

Almal kan om 15:30 aan boeresport deelneem, en om 18:00 sal ’n bring-en-braai-geleentheid plaasvind. Vleisbraaivure sal aangesteek word. Bring eie vleis en bykosse, en geniet ’n gesellige kuier om die kampvuur saam met ’n boereorkes.

Sondag se program begin reeds om 07:30 met ’n oggendbiduur.

Die Geloftedankdiens vind om 10:00 onder leiding van ds. James Leyden plaas.

Die program word met middagete afgesluit. Almal kan ’n kosmandjie met kouevleis, slaai en eetgerei bring. Gratis nagereg sal bedien word.

  • Bel Gerrie Claassen by 076-844-0472 vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.