Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Feesvierders staan só die kans om te wen

Die einde van die jaar is vir die meeste mense sinoniem met van die grootste feestye op die kalender.

Of dit nou Kersfees, Nuwejaar of albei is, is dit ’n tyd wanneer Suid-Afrikaners ekstra moeite vir die etenstafel doen.

Vir net R10 staan jy die kans om ’n skaap vir die feestyd te wen.

Die Bethlehem-kinder-en-gesinsorg verkoop lootjies vir ’n gelukkige trekking om ’n skaap te wen. Inskrywings sluit 14 Desember.

Die Bethlehem-kinder-en-gesinsorg is ’n nie-winsgewende organisasie wat professionele dienste aan die gemeenskap lewer, veral aan gesinne met kinders.

Oor die afgelope 92 jaar bedien dié organisasie die gemeenskap in Bethlehem, Paul Roux, Clarens, Fouriesburg en Rosendal.

Van die dienste wat hulle lewer sluit voorkoming en pre-statutêre dienste aan kinders wat mishandel of verwaarloos word en in nood verkeer in, asook aan hul gesinne. Dit sluit statutêre dienste (kinderhowe) aan die kinders en gesinne in.

Koop ’n kaartjie by President Brandstraat 30 in Bethlehem of skakel 058-303-0222.

Indien jy meer as tien kaartjies koop, kan dit by jou afgelewer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.