Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fietsdroom bewaarheid

Vier seisoene in een dag!

Dit is wat Deon Bezuidenhout, ’n kwadrupleeg van Harrismith, ondervind het toe hy stewig vasgemaak op ’n spesiaal geboude karretjie agter ’n fietsryer aan die Kaapstad-fietstoer deelgeneem het.

Johnny Eyberg van Bethlehem en ’n groep fietsryers van die Kind Kilometer-projek het Bezuidenhout se droom van 30 jaar verwesenlik.

Bezuidenhout sê dit was aanvanklik koel toe hulle weggespring het, maar dit het geleidelik warmer geword. Dit het op ’n stadium gereën, maar dit was vir hom heerlik, want dit het vir die eerste keer in jare vir hom gevoel of hy leef.

Op sommige plekke soos die stywe opdraandes is daar stadig gery, maar met die afdraandes en veral by Chapman’s Peak, is daar vinnig gery, sowat 65 km per uur. “Sommige van die Kind Kilometer-groep was maar skrikkerig vir die spoed, maar ek het net gesê daar moet gas gegee word,” sê Deon.

Sy ma, Babs, wat hom versorg, het op 6 Maart verjaar. Hulle was by een van die Curro-skole en al die kinders het vir haar gesing. Dit was vir haar ’n heerlike dag wat sy nog vir lank sal onthou.

Die Bezuidenhout’s is nou al terug van die Kaap af, maar kan nie uitgepraat raak oor die wonderlike ondervinding nie.

Bezuidenhout het ook ’n nuwe elektriese rolstoel ontvang. Hy moet nog net ’n nuwe kussing daarvoor kry. Deur ’n knoppie te druk kan hy lê of hom weer regop laat sit. Dit sal sy ma baie help, want sy moes dit altyd vir hom doen. Bezuidenhout moet gereeld van posisie verander sodat hy nie sere kry nie en met hierdie nuwe rolstoel sal hy nou maklik self van posisie kan verander.

Bezuidenhout wil volgende jaar weer aan die fietstoer deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.