Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fikse kom van ver om 100ste te voltooi

Hoewel die parkrun ’n weeklikse instelling in Bethlehem is, is dit nie elke week dat ’n Brit sy 100ste een hier voltooi nie.

Brian Nel van Chiswick, Londen, het Saterdag (07/12) dié mylpaal bereik. Wat dit nog meer besonders maak, is dat nie twee van dié 100 parkrun-deelnames op dieselfde roete gedoen is nie.

Nel het al verskeie parkrun-roetes in elke provinsie in Suid-Afrika aangepak, sowel as in Namibië en Swaziland. Hy het al die 5 km-roetes in die Verenigde Koninkryk (UK) voltooi en ook in Singapore, Moskou en Orlando.

Op die vraag oor waarom hy spesifiek in Bethlehem wou kom hardloop, het hy geantwoord: “Dis Kersfeestyd. Waar anders sal ’n mens die parkrun wil hardloop in hierdie tyd?”

Volgens Nel is dit ’n lekker roete om te hardloop.

“Dit is taamlik plat en ek gee dit 5 uit 10 vir die moeilikheidsgraad.”

Nog ’n deelnemer, Sikhumbuzo Sibanda, het al die pad van die Kaap gekom vir ’n troue in Bethlehem, maar het lankal reeds beplan om die parkrun hier te voltooi. Dit was sy 21ste parkrun.

“Dit was lekker om ’n roete te hardloop wat jy twee keer herhaal. Sodoende kan jy by die halfpadmerk kyk wat jou tyd is.”

Deelname aan parkrun is gratis en dié geleentheid word weekliks in Bethlehem gehou.

Enigeen kan deelneem. Deelnemers kan stap of hardloop, en hulle kan selfs hul babawaentjie of kierie bring. Registreer gratis by parkrun.co.za.

Deelnemers sal ’n strepieskode ontvang wat hulle moet uitdruk. Wanneer hulle die 5 km voltooi, kry hulle ’n e-pos met inligting soos die tyd wat dit hulle geneem het om dit te doen en hoeveelste hulle geëindig het.

Die drawwers wat Saterdag (07/12) in die eerste 20 plekke was, is:

1. Henco Pelser (23:16)

2. Pieter Wessels (23:51)

3. Johan Wessels (24:28)

4. Wayne Beelders (24:45)

5. Brian Nel (25:04)

6. Onbekend

7. Liezel Wessels (25:55)

8. Choaro Losabe (25:59)

9. Johannes Ralehasa (26:26)

10. Maverick Nagel (26:49)

11. Martin Shepherd (26:53)

12. Onbekend

13. Jaco Mostert (27:01)

14. Phoka Vincent Masoeu (27:06)

15. Claude Ackerman (27:11)

16. Zane Wessels (27:19)

17. Bradley Berry (27:20)

18. Onbekend

19. Onbekend

20. Jan Rothman (28:24)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.