Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fikses maak spore by parkrun

Verskeie deelnemers neem weekliks aan die 5 km-parkrun by die Bethlehem Christen-sentrum op die Preekstoelpad deel.

Dié wedlope is ’n internasionale inisiatief om mense aan die beweeg te kry.

Enigeen kan deelneem. Jy kan stap, hardloop, jou babawaentjie of jou kierie bring. Deelname is gratis.

Die wedlope word met die hulp van plaaslike vrywilligers aangebied.

Om deel te neem kan jy jou gratis by parkrun.co.za/register/ registreer. Jy sal dan ’n strepieskode ontvang wat jy moet uitdruk. Wanneer jy die 5 km voltooi, stuur parkrun vir jou ’n e-pos met die tyd wat dit jou geneem het om die 5 km te voltooi asook hoeveelste jy uit al die deelnemers geëindig het.

Die drawwers wat in die eerste 17 plekke op Saterdag 9 November geëindig het, is:

1. Themba Mokhatla (17:54)

2. Daniel Litaole (19:14)

3. Onbekend

4. Peet Steynberg (21:18)

5. Katleho Mokoena (21:54)

6. Onbekend

7. Wouter de Villiers (22:53)

8. Carl Naudé (23:33)

9. Siyabonga Nlhapo (24:01)

10. Andrea Steynberg (24:32)

11. Maverick Nagel (24:39)

12. Phoka Vincent Masoeu (25:27)

13. Johannes Ralehasa (25:36)

14. Onbekend

15. Nicolene Prinsloo (26:08)

16. Henry-Ben Rheeder (26:31)

17. Vanessa Maeder (26:43)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.