Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fiksheidsgolf tref

Met die somervakansie om die draai is dit nou die tyd vir Oos-Vrystaters om tekkies af te stof, ’n waterbottel en gemaklike klere te kry en om Saterdae aan die parkrun in Bethlehem deel te neem.

Deelnemers aan parkrun spring om 08:00 weg en voltooi 5 km.

In Bethlehem word dit by die Bethlehem-Christensentrum op die Preekstoelpad gehou.

Die parkrun bied ’n geleentheid vir die gemeenskap – manlik, vroulik, jonk en oud – om gereeld bymekaar te kom en om aktief te bly.

Drawwers van alle fiksheids­vlakke kan hieraan deelneem, of hulle ’n beginner of ’n ywerige drawwer is wat teen tyd deelneem. Deelnemers kan stap of hardloop en selfs hul babawaentjie of hul kierie bring.

Deelname is gratis en die geleentheid word deur plaaslike vrywilligers aangebied.

Deelnemers moet eenvoudig voor hul eerste parkrun registreer en daarna elke Saterdag hul alarm stel om te gaan hardloop. Wanneer deelnemers aanlyn registreer sal hulle ’n strepieskode ontvang wat hulle moet uitdruk en elke Saterdag saamneem. Deel­nemers wat nie die strepieskode saamneem nie, sal nie hul tyd ontvang nie.

Die organiseerders sê die parkrun duur voort, selfs al reën dit. Sowat 29 drawwers het selfs een Saterdag gehardloop terwyl dit ysreën.

Vrywilligers word elke Saterdag benodig om te help.

Besoek www.parkrun.co.za/­bethlehem vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.