Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Firma op knap bestuur gebou

Met min kapitaal, een werknemer, ’n draaibank en ’n freesmasjien het Tony en Hannetjie Terblanche, albei gebore Oos-Vrystaters, ’n onderneming op ’n gehuurde perseel in Kroonstad begin.

Vandag is Micro Engineering ’n bekende ingenieursfirma in die Vrystaat, wat op 1 Junie sy 45ste bestaansjaar gevier het.

Die destydse onderneming se gehaltediens, lang ure van werk en streng beheer het tot vinnige groei gelei en die egpaar genoop om die historiese Justice and Peace-gebou in Kroonstad te koop. In 1980 is hulle selfs verder genoodsaak om die besigheid na die huidige perseel in die nywerheidsgebied te skuif.

Niel Terblanche, die egpaar se seun, het hom in 1986 by Micro Engineering aangesluit.

Danksy Hannetjie se bekwame bestuur en Tony se tegniese vaardighede het die onderneming verskeie eerbewyse ontvang. In 1993 is dit byvoorbeeld as streekwenner in die Afrikaanse Handelsinstituut se onderneming van die jaar-kompetisie aangewys.

Chris Dalton, ’n Moqhaka-raadslid, het in 2002 aandele bekom. Ná Tony se afsterwe in 2008 het Tharia Unwin, die egpaar se dogter, ook ’n aandeelhouer geword. In 2014 is die plasma- en CNC Waterjet-fabriek ingewy. Sonder die matriarg en hartklop van Micro Engineering sou dié onderneming nie wees wat dit vandag is nie.

Hannetjie, die spilpunt waarom Micro Engineering se bedrywighede nog altyd gedraai het, het in die ouderdom van 82 teësinnig besluit om op “vroeë pensioen” te gaan.

Op Werkersdag vanjaar het haar kollegas van haar afskeid geneem. Tog sal sy steeds in hart, daad en raad by die wel en wee van Micro Engineering betrokke wees.

Hannetjie het die onderneming met waardigheid en grasie bestuur. Boonop het sy haarself as formidabele sakevrou in Kroonstad gevestig; een wat nie ’n tree vir haar manlike eweknieë teruggestaan het nie. Sy was jare lank die tesourier van die Kroonstadse Sakekamer, en laat steeds diep spore – nie net op sakegebied nie, maar ook in haar kerk en gemeenskap.

  • Die besigheid verskaf werk aan 21 mense, en lewer gehalteprodukte aan hoofsaaklik die landboubedryf. Emmerlere, vervoerkettings en skroefawegaars wat hier vervaardig is, is oor die land heen by graansilo’s en -meule te sien.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.