Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Foto gee terugflits na verlede

’n Leser van Vrystaat Nuus/News was verras om in die uitgawe van 3 Junie ’n bekende prentjie op bl. 4 van dié koerant te sien.

Oswald de Villiers van die Residentia-aftreeoord in Bethlehem het in ’n brief aan Vrystaat Nuus/News die toneel in dié foto herken as die grondpad tussen die Meets-stasie en die pad na die Valsrivier-stasie, by die plaas Helena’s Home.

“Die plaas het van 1948 tot 1981 aan my ouers, Chris en Audrey de Villiers, behoort. My pa het daar ’n vrugteboomkwekery, Riemland-kwekery, bedryf,” skryf De Villiers in ’n brief aan Vrystaat Nuus/News.

“Die geboutjie aan die regterkant op die foto was die Helena’s Home-plaasskool. Die onderwyser was Harry Filmalter, en die skool het vir gr. 1- tot gr. 8-leerlinge (sub A tot st. 6) voorsiening gemaak – almal in dieselfde klaskamer.

“In 1951 was daar net twee leerlinge in gr. 1 – ekself en Johan Kriek. Altesaam was ons 12 leerlinge. Aan die einde van 1951 moes die skool sluit weens te min leerlinge.

“Van die leerlinge wat ek kan onthou, is my susters, Erica en Nanette, Tommie en Annetjie van Huyssteen, Kitty en Nonnie van Graan, Rina Kriek, en drie Diedericks-kinders: Rood, Piet en Annetjie.”

Volgens De Villiers is die gedeelte van die plaas waarop die skoolgebou is, kort voor sy dood ’n paar jaar gelede deur Tommie van Huyssteen gekoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.