Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gaan stem en sê jou sê

Ek hoor die afgelope tyd van te veel mense wat dit oorweeg om glad nie vandag hul kruisie te gaan trek nie.

Die swakste verskoning wat jy kan aanbied, is om te sê: “My stem gaan nie ’n verskil maak nie”.

Dit is jou belastinggeld wat reg aangewend moet word en jy moet sorg dat jou kinders die beste onderrig kry.

Stem reg sodat daardie geld goed bestuur kan word.

Behoorlike gesondheidsorg moet jou ook aanspoor.

Moes jy onlangs van staatshospitale en -klinieke gebruik maak? Dan sal jy weet daar is baie uitdagings.

Deur te stem, kan jy ’n aandeel daarin hê om te verseker dat gesondheidsorg reg bestuur word.

Gatvol vir slaggate? Wel, stem sodat jy die regering kan help dwing om dit reg te maak.

Wie van ons is nie tot die dood toe moeg vir misdaad nie?

Dit is waarskynlik een van die belangrikste redes hoekom jy jou kruisie moet trek.

Ons moet op blitsige ver­andering aandring.

As jy nie stem nie, moet jy maar die korrupsie en ongelykheid in ons samelewing opvreet – en in stilte.

’n Geleentheid om te stem word selde genoeg gebied, so dit is nie soveel moeite as wat jy dink nie.

Dit maak nie saak vir wie jy stem nie, dit is jou grondwetlike reg om in ons demokrasie deel te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.