Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gee grens-inligting deur, maan VS Landbou

Vrystaat Landbou (VL) maan landbouers om alle inligting oor probleme en onwettige aktiwiteite by die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho deur te gee, sodat misdaad beter bekamp kan word.

Só sê dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van VL, na aanleiding van misdaad en plaasaanvalle wat met die oorgrens-gebied verband hou.

“Daar is ’n SANW-Ops-nommer wat hulle 24 uur per dag kan kontak. Dit is beskikbaar by die veiligheidskoördineerder in die streek,” sê Buys. “Die SANW het omtrent elke 10 km ’n tydelike basis wat operasies uitvoer en wat vir hulp gekontak kan word indien daar ’n groot probleem in die oorgrens-gebied ontstaan.”

Landbouers word versoek om alle oorgrens-aktiwiteite en inligting op Maandae aan die VL-VKB-Veiligheidslessenaar deur te gee. Dit word weer aan die SANW verskaf, wat saam met die SAPD oorgrens-operasies help beplan.

“Die meeste landelike veiligheidkoördineerders by die grens het onlangs ’n toegekende voertuig gekry en baie van die oorgrens-aktiwiteite maak misdade uit wat onder die SAPD se aandag gebring moet word, sê Buys.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.