Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geel bome verkondig hoop

Die Northern Free State Caregivers (NFSCG) in Kroonstad het verlede week die Geel Bome van Hoop-projek begin.

Dié organisasie het Woensdag (21/07) die bome by die NG Moedergemeente in Cross-straat met geel lap versier om hoop vir Kroonstad se gemeenskap te bring.

“Ons wil inwoners aanmoedig om hul bome en hekke met geel lap en ’n A3-plakkaat met ’n Christelike boodskap te versier,” sê Felicity Combrinck van die NFSCG.

“ ’n Skrifgedeelte soos Sefanja 3:17 is ideaal: Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.

“So ’n boodskap beteken baie vir mense .

Volgens Combrinck word geel as die kleur van hoop beskou.

“Dit dui op God se teenwoordigheid en die oorwinning in Jesus.”

Die NFSCG wil hoop gee aan mense wat deur Covid-19 geraak is en in hierdie tyd iemand aan die dood moes afstaan.

“Mense is gebroke en baie is sonder hoop. Nie net weens die pandemie nie, maar ook weens die onlangse onluste in die land.”

Combrinck meen die verfraaiing van bome kan ’n tikkie bemoediging bring aan almal wat na hoop smag.

Belangstellendes kan ’n stuk geel lap en ’n plakkaat teen R40 aankoop om bome te versier.

Diegene wat betrokke wil raak, kan Combrinck by 084-206-8912 of Wollie van Schalkwyk by 076-044-1686 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.