Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geestelike sig nodig

“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.” Efesiërs 1:18,19.

Daar word vertel van ’n Chinees, wat al baie jare lank katarakte aan albei oë gehad het, wat in die 1930’s homself in ’n sendinghospitaal bevind het, waar ’n sendingdokter op die Chinese blinde geopereer het.

Dit was ’n sukses en hy kon weer sien.

Maar meer nog, terwyl hy in die hospitaal was, het hy die Here Jesus ook leer ken.

Geestelik het sy oë ook oopgegaan.

’n Maand of drie daarna het hierdie Chinees weer sy opwagting by die sendinghospitaal gemaak, dié keer met 48 blindes saam met hom.

Hy het voorgeloop met ’n dik tou, terwyl die blindes, elk met ’n stukkie van die tou stewig in hulle hande, agter hom aangestap het.

Die tuisdorpie van hierdie Chinees en sy vriende was 400 km ver.

Met sy aankoms het hy vir die dokter gesê: “Maak asseblief hulle oë gesond.

“Maar, asseblief, hulle moet ook leer om Jesus te sien.”

Hy wou hierdie geleentheid gebruik om ander by Jesus te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.