Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gehoor bekoor met sang

Die Clarens Vintage-sanggroep het op Saterdag 16 November ’n genotvolle soirée by die Clarens-gholfklubhuis aangebied, met nommers waarby elkeen in die gehoor aanklank kon vind.

Die geleentheid was ten bate van die Laerskool Clarens se marimba-groep. Dié groep is in 2017 gestig en het in September vanjaar aan ’n musiekfees in George deelgeneem.

Die lede het nommers soos “Mama Thembu’s Wedding” en “Mangwani Mpulele” uitvoer.

Die Clarens Vintage-sanggroep, onder leiding van dr. René Human, is ’n groep mansstemme wat sedert 2013 in die omgewing bekendheid met optredes verwerf. Die mans het die gehoor beïndruk met hul weergawes van onder meer “Green Door”, “Plea for Africa”, “Sonneblom uit Bethlehem” en “Cent Mille Chansons”.

Ou gunstelinge van dié groep, “Ukuthula” en “Hey Jude”, roer steeds hartsnare.

’n Hoogtepunt was “Karoonag”, oorspronklik gesing deur Coenie de Villiers. Om almal in ’n Kersfeesluim te kry, het hulle “Feliz Navidad” opgevoer.

Adele Fourie, Jeannette Jacobsz en Gerda Oosthuizen het as gaskunstenaars opgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.