Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap maak stem dik oor grond

’n Saal vol Oos-Vrystaters het op Dinsdag 3 Julie in Bethlehem hul stem laat hoor om nee te sê vir onteiening van grond sonder vergoeding.

Morné Mostert, hoof van plaaslike regeringsake by Afri­Forum, het gesê die onteiening van grond sonder vergoeding gaan nie net oor grond nie, maar oor ’n wyer begrip.

“In ekstreme gevalle kan ’n maatskappy wat te veel voertuie besit, byvoorbeeld, ook daardeur geraak word, deur voertuie wat onteien word en aan ander gegee word. Dit gaan oor eiendomsreg in totaliteit,” het hy gesê.

Volgens Mostert het die proses by die EFF begin wat ’n mosie by die parlement ingedien het om ’n gedeelte van die Grondwet te verander om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.

“Die parlement het besluit om geleenthede vir skriftelike kommentaar moontlik te maak en om ook ’n parlementêre komitee saam te stel wat op grondvlak met mense gesels. Dié komitee besoek plaaslike gemeenskappe om hul menings te hoor.”

Volgens Mostert maak die manier waarop die gesprekke hanteer word dit net vir sommiges moontlik om dit by te woon.

“Al die gesprekke vind om 11:00 plaas, wat dit vir werkende mense onmoontlik maak om die gesprekke by te woon.

“Die regering vind die reg om in verkiesings te stem so belangrik dat daar ’n vakansiedag daarvoor is, maar nie om aan hierdie gesprekke deel te neem nie.”

AfriForum het dus die alternatiewe byeenkoms vir Dinsdag gereël om Oos-Vrystaters geleentheid te gee om aan gesprekke deel te neem.

AfriForum het daarna opgeleide personeel na Phuthaditjhaba gestuur om ’n getekende memorandum te oorhandig wat lui dat mense nee sê vir grondhervorming sonder vergoeding. AfriForum se standpunte rondom onteiening van grond sonder vergoeding is dat dit op ’n verdraaiing van die verlede geskoei is en dat dit ’n poging van die regering is om sy eie mislukkings te verbloem.

AfriForum sê dit het die potensiaal om die ekonomie te vernietig, want eiendomsreg is ’n voor­vereiste vir ekonomiese groei en beleggingsekuriteit.

Volgens AfriForum is die beste stap wat die regering kan doen om grondhervorming te bevorder, om titelaktes te gee aan die miljoene swart mense wat reeds op staatsgrond woon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.