Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gereedheid om te gee is kosbaar

Onverwagse oomblikke van omgee. Dit is wat die storiesmous dit genoem het.

Ons het langs sy storiewa gestaan. Dit was tyd vir ons mid-oggend koffie. Daardie koffie-tye het my soms frustreer. Die storiesmous was nie gepla nie.

“Ons het te min daaglikse rituele om te doen wat ons geniet. Ons jaag, ons ritme is versteurd – ’n orkes wat te vinnig speel.”

Toe ek hom een oggend vra of ons nie eerder in die pad moet val nie, het hy on­verstoord nog ’n paar stukkies hout op die vuurtjie gegooi en na die vlamme gekyk.

“Elke ding op sy tyd, ons sal daar wees wanneer ons daar moet wees.”

Dit is eers nou dat ek besef dinge het altyd uitgewerk soos dit moes. En van my beste herinneringe is die gevolg van die veldkampeerdery. Die stories wat ons kon deel – en die onverwagse oomblikke van omgee.

Op ’n yskoue wintersoggend het ons werkers langs die pad opgemerk. Hulle het gewaai toe ons verbyry.

Die storiesmous het niks gesê nie, maar in die volgende dorpie handskoene gekoop, en ons het die hele pad teruggery om dit vir die mense te neem. Sonder seremonie. Hy het dit net vir een man aangegee en gesê hy moet vir elkeen ’n paar gee, en toe was ons op pad.

Die ander keer was dit Paaseiers wat hy vir ’n paar straatkinders weggesteek het. Hy het seker gemaak elkeen ontdek een.

’n Volgende keer het ons bontgestaan om koffie vir vroegoggendmarkverkopers te neem – in polistireenbekers wat hy in ’n vorige dorpie aangeskaf het.

Hy het aanvanklik nie geweet waarom hy die bekers of Paaseiers koop nie, maar hy was altyd gereed vir die onverwagse. Om dan te wys hy gee om.

Ons het daardie oggend lank gesels. Ek het hom oor die Paas­eiers, die handskoene, die koffie uitgevra.

Hy het soos gewoonlik stil geword en toe gesê: “Elke goeie storie het ’n onverwagse oomblik. En wanneer die onverwagse met jou of ander gebeur, wees gereed om te gee – dis waar jy die waarde­volste stories sal aantref.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.