Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesinsfees groot pret

Of jy nou die beste potjiekos probeer maak het, jou troeteldier as die oulikste laat meeding het, as Mej. Hartland gekroon wou word of sommer net by die Golden Oldies-boeredans gedans het – die Hartland-gesinsfees was die ideale geleentheid om saam met familie en vriende te ontspan.

Dié fees, ten bate van Atlas 7 en die plaaslike DBV, is Saterdag (08/09) by die Hartland-gesinsvenue in Bethlehem gehou.

’n Spitbraai-ete is die aand by die dans aangebied en feesgangers kon verskeie produkte by stalletjies koop. Sommige stalletjies is deur junior entrepreneurs beman.

Atlas 7 is ’n nie-winsgewende organisasie wat beoog om Bethlehem se boeregemeenskap en plaasgemeenskap te beveilig.

Die organisasie het ’n opleidingsentrum in die Dinokeng-natuurreservaat opgerig waar 20 jong manne maandeliks in plaasbeveiliging opgelei word.

Volgens Hendré Papenfus, direkteur en raadslid, word twee wagte per plaas uitgeplaas. Die wagte se verantwoordelikheid is om die boer, sy vrou en sy kinders tot elke prys te beveilig.

Atlas 7 lewer die diens gratis aan die boer. Dit is die verantwoordelikheid van die boer om die wagte te huisves en te voed.

“Ons doen dit gratis vir die boere, want Jesus het die dood vir ons oorwin en ons het nie nodig gehad om daarvoor te betaal nie,” het Papenfus gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.