Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesogte vleissoort eersdaags in Bhm

Chianina-vleis, ’n vleissoort wat talle voordele vir ver­bruikers én boere inhou, sal eersdaags in Bethlehem beskikbaar wees.

Die chianina, die wêreld se grootste beesras, is ’n oeroue Italiaanse beesras wat as trekdier eens baie gesog was.

Christiaan de Jager, ’n lid van die Chianina-beestelersgenootskap wat al jare met chianinas boer, sê dit is ’n ras wat hom op alle gebiede verras.

“Dit is ’n besonderse eet-ervaring wanneer jy dit eers probeer. Dit is sappig en geurig,” meen hy.

Volgens De Jager is dié dier se vleis laer in kalorieë en hoër in proteïene as sommige ander vleissoorte.

Dit het ook laer cholesterol- en vetvlakke, wat die gesondheidswaarde daarvan beklemtoon.

Danksy die uitstekende uitslagpersentasie van die ras kan beesboere ook hul winsgrense verhoog. De Jager sê ’n hoë uitslagpersentasie beteken daar kom ’n groter karkas uit die geslagte bees, wat vir almal voordelig is.

Hy sê chianinas in Italië se uitslagpersentasie is tussen 63% en 65%.

Hy vertel van ’n chianina-os wat aan sy stoetery behoort het, wat die Cape Gate Mega-os-kompetisie op 19 September op die Alfa-ekspo in Parys gewen het. Dié os het lewend 1 335 kg geweeg. Sy warm karkas het 937 kg geweeg en die koue karkas 907 kg, wat beteken dat die os ’n uitslagpersentasie van 68% gehad het.

Bok van Zyl van die Cheetau Lodge by Bethlehem het die os teen ’n verkoopprys van R181 827 gekoop.

Aangesien die abattoir nie vir sulke groot karkasse ingerig is nie, moes spesiale reëlings getref word om die os te slag.

Nog ’n pluspunt is dat die koei maklik kalf, ondanks volwasse diere se grootte, meen De Jager.

Volgens De Jager eet die beesras ook gemiddeld minder voer om ’n kilogram gewig op te tel.

“Hoe minder kos jy vir die bees hoef te voer om vleis te gee, hoe meer wins kan jy maak.”

Die fisieke kenmerke van die bees maak dit ook voordelig om mee te boer.

Volgens De Jager het die beesras ’n gladde haarkleed wat makliker bosluise afweer.

“Dit is ’n groot bees en is intimiderend, maar dit gee nie temperament-probleme nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.