Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
G’n som te ‘Thai’ vir Janco

Janco Botha (10), ’n gr. 4-leerling aan die Laerskool Jordania in Bethlehem, is een van 12 leerlinge wat gekies is om Suid-Afrika met wiskunde in Thailand te verteenwoordig.

Hy neem wiskundeklasse by A+ Students-Bethlehem en gaan op 22 Desember aan die Pan-Pacific Abacus and Mental Arithmetic Association (PAMA) se kompetisie deelneem waar leerlinge van 23 lande met mekaar meeding.

Dit is die derde jaar wat Janco vir die Suid-Afrikaanse span gekies word. Leerlinge wat deel vorm van die span, moes aan die streekkompetisie deelneem om vir die nasionale span gekies te word.

“By die nasionale kompetisie word die Suid-Afrikaanse PAMA-span gekies”, sê Zelda Jacobs, bedryfsreghouer van A+ Students-Bethlehem.

Volgens Aldo Botha, sy pa, stel Janco al van kleins af belang in wiskunde. Hy het vyf jaar gelede reeds by A+ Students aangesluit en geniet dit om somme te maak.

“Hy is van kleins af baie skerp en kon al vlot lees op die ouderdom van vyf,” sê Botha.

Janco geniet dit om te lees en is ook by krieket en rugby betrokke.

“Ons is baie trots op hom en wens hom alle sterkte toe vir die kompetisie wat voorlê,” sê Botha.

Jacobs sê die kompetisie in Thailand behels ses vraestelle. Hulle sal eers drie vraestelle met die hulp van ’n abakus voltooi waarvoor hulle ses minute vir elkeen kry. Die volgende drie vraestelle is Anzan-vraestelle, wat met hoofrekene gedoen moet word. Hiervoor kry hulle twee minute vir elke vraestel.

“Dankie aan elkeen se bydrae wat dit vir my moontlik maak om Thailand toe te kan gaan,” het Janco gesê.

Hy is van kleins af baie skerp en kon al vlot lees op die ouderdom van vyf. - Aldo Botha

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.