Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
God bewaar jou deur als

Word twee mossies nie vir ’n sent verkoop nie? En nie een van hulle sal op die grond val sonder julle Vader nie. En julle – selfs die hare op julle kop is almal getel. – Matteus 10:29-30

God bewaar jou. ’n Mens kan natuurlik sinies hieroor raak, want dit is nie ’n soort bewaring wat seerkry en dood noodwendig van jou wegkeer nie, maar juis bewaring in en ondanks seerkry en dood.

Die mossie, en jou hare, val immers steeds op die grond.

God se bewaring vrywaar jou nie van seerkry nie, maar gee die versekering dat niks sonder die Vader gebeur nie.

In alles wat met jou gebeur, is Hy teenwoordig.

Hy is saam met jou. Selfs al val jy op die grond, val jy nie uit sy hand nie.

Jy is vir God kosbaar. Jy raak nooit verlore tussen al die name op sy lys nie.

Jy is vir Hom so belangrik, Hy weet hoeveel hare jy het.

Dit is vir my ’n troos om te weet: My Here ken elke haar op my kop. Hoeveel te meer ken Hy nie my seer, my pyn, my bekommernisse nie. Hy kan my met sy krag en genade deur dit alles dra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.