Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
God doen elke dag wonders

En toe hulle dit doen, het hulle so ’n groot klomp visse gevang dat hul nette wou skeur.

Só lees ons in Lukas 5:6-7.

Hulle wink toe vir hul maats in die ander skuit om te kom help.

Hulle het gekom, en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het.

In hierdie verse lees ons van ’n wonder.

Hulle vang soveel visse dat die nette wou skeur en hul skuit amper sink; en dít terwyl hulle die vorige nag niks gevang het nie.

Iemand het eendag gesê: Jy beleef nie wonders soos jy feite beleef nie.

Die meeste feite is geneig om net daar te sit, onaktief, soos objekte op ’n rak, totdat jy besluit om uit te reik en een te gryp.

Met wonders is jy self die objek op die rak. Wonders reik uit na jou en gryp jou!

Ons is geneig om ons God soveel keer te onderskat. Ons dink te klein, ver te klein van ons God.

Ons gaan plaas sy vermoëns in ’n klein boksie, ’n klein boksie soos ’n vuurhoutjieboksie, terwyl eintlik niks van die lewe buite sy vermoë strek nie.

Lukas 1:37 herinner ons dat alles by Hom moontlik is.

God kan elke dag wonders in jou lewe doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.