SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
God is net ’n handreik ver

Filippense 4:5:

Die Here is naby.

Op ’n dag het ’n man gesterf met sy een hand op die stoel langs sy bed.

Van sy familie het dit gesien en gewonder waarom hy so snaaks op sy sterfbed gelê het.

By die man se begrafnis het die dominee die raaisel van die hand op die stoel opgelos toe hy aan die begrafnisgangers die volgende vertel het:

Hierdie man het moeite gehad om te bid, want hy het gereken dat die Here Jesus ver van hom weg is en so het die dominee op ’n keer ’n stoel langs sy bed gesit en vir die man gesê: “Jy moet altyd maar net dink dat die Here Jesus daar op die stoel, langs jou bed is. Só naby is Hy.

“ ’n Armlengte weg, ’n handreik-wydte naby.”

Die stoel het daar bly staan. As die man gebid het, het hy sy hand op die stoel gelê, asof hy sy hand in Jesus se hand lê.

So het hierdie man gesterf.

Ek weet dat die Here ’n armlengte, ’n handreikwydte weg van my is.

Is dit nie wonderlik om dit te weet nie?

Hy is só naby aan ons.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.