Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Graan na waarde geskat

VKB is ’n Suid-Afrikaanse landbou-onderneming met ’n unieke visie, wat op samewerking met belanghebbendes gegrond is. Dit het gaandeweg in die dinamiese mobilisering van ’n uiteenlopende verskeidenheid van interaksies in die landbouwaardeketting ontwikkel.

VKB is reeds meer as 100 jaar in bedryf. Die graandienste-afdeling was reg van die begin af deel van die hartklop van die onderneming en is vandag nog ’n kritieke skakel in bogenoemde waardeketting.

Voor die bou van silo’s is graan geberg in sakke wat in VKB-pakhuise by verskeie punte oor VKB se bedieningsgebied heen gehou is.

Die eerste van hierdie opbergingspunte het in 1919 in Daniëlsrus die lig gesien kort nadat VKB as koöperasie tot stand gekom het. Sedertdien het die geriewe na 23 opbergingspunte, waar graan en oliesade in ’n verskeidenheid van infraktrukture gestoor word, uitgebrei.

Die vernaamste is die tradisionele sementbuise wat in die 1970’s en 1980’s opgerig is, en dit het oor die jare heen bekende bakens in die gebied geword.

Benewens die sementbuise word sinkbuise, pakhuise, bunkers en silosakke ook gebruik om graan en oliesade in die Noordoos-Vrystaat en Limpopo te berg. Die algehele opbergingskapasiteit is vandag meer as 1,4 miljoen ton.

Graandienste verteenwoordig ’n afdeling van VKB Landbou en staan op twee bene. Die eerste hiervan is die graanbedryf, en die primêre verantwoordelikheid is die hantering en opberging van graan en oliesade, maar ’n verskeidenheid waardetoevoegende dienste word ook aan kliënte gebied. Die tweede been is graanbemarking, wat die verhandeling van produsente se graan, asook die verkryging van graan vir VKB Agri Processors se onderskeie verwerkingsaanlegte, behels.

Graanbedryf

VKB se graangeriewe is toegerus om verskeie soorte graan en oliesaadprodukte teen hoë tempo per pad en spoor te ontvang, te versend en veilig te berg.

’n Verskeidenheid graandienste word by die graangeriewe aangebid, wat moderne skoonmaak- en drooggeriewe insluit.

Die geriewe word deurlopend opgeknap om aan produsente en afnemers ’n vinniger en doeltreffender diens te lewer. Op een na is al die silo’s as JSE-leweringspunte geregistreer.

Kapasiteit is nie die enigste faktor wat die effektiwiteit van graanopberging bepaal nie; die ligging en toeganklikheid van ’n gerief om in die behoeftes van produsente en kopers te voldoen is ewe belangrik.

Die kapasiteitsbenutting van ’n gerief per seisoen is kritiek vir effektiwiteit en volhoubaarheid.

Waardetoevoegende dienste behels droog- en skoonmaakgeriewe om nat en besmette graan te ontvang en gereed te kry vir nasionale en internasionale markbehoeftes. Graan en oliesade word ontvang en veilig bewaar. Die segregasie van kommoditeite volgens bepaalde kenmerke is moontlik volgens verwerkers se voorkeure. Nuwe tegnologie word deurlopend ingespan en toerusting word goed onderhou.

Ander belangrike faktore behels skoonmaaktempo, die vermoë om verskillende kommoditeite met verskillende grade te kan hanteer en op te berg, vermenging, deurlugting, beroking, droging, sekuriteit teen diefstal, kollaterale bestuur en die uitreik van silosertifikate.

Dit is belangrike dienste in ’n moderne, mededingende graanhanterings- en opbergings­omgewing, waaraan VKB se graandienste voldoen.

VKB se silo’s voldoen aan die Wet op Voedselveiligheid en is geakkrediteer om graan vir uitvoere te versend. Personeel wat by die silo’s werksaam is, is kragtens Wet 36 van 1947 as plaagbeheerbeamptes geregistreer en die silokomplekse beskik oor toerusting wat plaagbeheer doeltreffend maak sonder om die gehalte van die produkte negatief te beïnvloed.

Goed gekoördineerde operasionele, logistieke en administratiewe werkwyses verseker optimale graanvloei-doeltreffendheid, in en uit.

Graanbemarking

VKB is daarop ingestel om ’n omvattende diens aan produsente, graanhandelaars, meulenaars, veevoeraanlegte, internasionale handelaars en ander verwerkers te lewer.

Die graanmark is ’n baie dinamiese omgewing en prysrisikobestuur is noodsaaklik vir volhoubaarheid in die JSE se volatiele mark vir afgeleide kommoditeite. Hierdie diens is beskikbaar aan al VKB se kliënte en word gerugsteun deur effektiewe stelsels, prosedures, die Safex-verhandelingsplatform en silosertifikate.

’n Spyskaart van fisieke en voorseisoenkontrakopsies en -keuses word aangebied, wat spesifiek ontwerp is om aan die produsent se kontantvloeibehoeftes en markblootstelling te voldoen in ag genome seisoenale tendense. Ondersteunende graanmarkinligting word daagliks aan VKB se kliënte beskikbaar gestel.

Personeel

VKB bemagtig sy belangrikste bate, naamlik sy personeel, met opleiding wat met besigheid- en industriebehoeftes belyn is.

Sodoende word personeel toegerus om die uitdagings van die toekoms met groot sukses aan te pak.

Dié basis word deurlopend as deel van VKB se oorhoofse strategiese dryf uitgebou, met ’n doelwit om diversiteit in die onderneming verder uit te brei.

VKB speel ’n leidende en deelnemende rol in die graanbedryf deur sy betrokkendheid by organisasies soos Agbiz, Agbiz Grain en die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (GOSA) en neem deel aan industrieverwante navorsings- en ontwikkelingswerk.

Vir meer inligting besoek VKB se webtuiste en sosialemediaplatforms.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.