Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gratis oogtoetsing kom

Leerlinge en mense wat nie aan ’n siekefonds behoort nie, kry weer die geleentheid om hul oë gratis te laat toets.

Soos die afgelope paar jaar stuur die Stichting Zienderogen van Nederland vyf oogkundiges na Bethlehem.

In samewerking met die Maluti-Hooglandskool, Tafel­ronde 60 en die Masechaba-projek wat as gashere vir die projek optree, beplan die stigting om meer as 1 000 lede van die gemeenskap by gratis oogtoetsing te betrek.

Brille vir pasiënte waarvan die toetsing wys dat hulle dit benodig, sal in Nederland gemaak word en dan in April deur Bert Koopman, die oogkundige aan die stuur van die projek, na Suid-Afrika gebring word.

Toetsing word van 24 Februarie tot 5 Maart gedoen.

Gemeenskapslede wat nie aan ’n siekefonds behoort nie, word genooi om Marlize Reynders by 082-417-1345 te bel of ’n boodskap te stuur om ’n afspraak te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.