Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gryp luukse van stilte aan

Doen ’n kursus aanlyn. Maak werk van daardie oefenprogram. Lees daardie stapel boeke. Ruk reg jou huis. Haal in met al die flieks en TV-reekse wat agterweë gebly het. Hou jou (skool)werk op datum. Soek na nuwe geleenthede, en gryp dit aan.

Sedert Suid-Afrika van 27 Maart af in ’n staat van inperking is, is ons almal opnuut bewus van die waarde van tyd. Van stelsels en ritmes wat beskerm moet word.

Ons skole het doelgerig opgetree om te verseker dat leerlinge se vroeë, verlengde vakansie nie tot ’n agterstand in onderrig lei nie. Winkels het spesiale afleweringsdienste ingestel sodat Oos-Vrystaters steeds toegang kan hê tot wat hulle nodig het en makliker en vinniger kan inkopies doen. En sportentoesiaste vind kreatiewe maniere om steeds vol te hou met ’n oefenprogram.

By Sassa-kantore het begunstigdes verlede week te midde van vele uitdagings tougestaan om hul maatskaplike toelae af te haal. Dit is nodig, dit moet gedoen word.

Dit is asof ons ’n spanning beleef tussen stilstaan en woel. Ons moet onsself noodgedwonge grendel, maar doen dit saam met ons “vorige” lewe, wat nou onherroeplik verander.

Hierdie spanning is goed, want balans tussen doen en laat gaan is nou nodiger as ooit tevore.

Ja, ons moet die erns van die saak insien, maar ons moet ook hoop hê vir môre, wat die dag ook al inhou. Maar hoe skep ons daardie balans in ons huis en in ons gemeenskap?

Dit is belangrik om nie die erns van wat nou gebeur, te onderskat nie. ’n Nugtere bewustheid help ons om voorbereid te wees, maar dit is ook noodsaaklik om te glo dat ook dié krisis sal verbygaan – dalk nie so gou as wat ons hoop nie, maar nietemin, ’n nuwe werklikheid wag.

Die grootste geskenk wat hierdie tyd van isolasie ons bied, is sekerlik die luukse van stilte.

Staan stil. Haal asem. Wees teenwoordig in die oomblik. Wees vriendelik, en wees behulpsaam.

Dalk kan ons ’n mate van balans skep tussen woel en laat gaan. En dalk selfs ’n mate van vrede in dit alles vind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.