Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Haarkapper se dood wyd betreur

Huldeblyke het van oraloor ingestroom nadat ’n geliefde haarkapper van Kroonstad in ’n motorongeluk dood is.

Retha de Carvalho (45) het op Woensdag 31 Maart verongeluk toe haar voertuig met ’n ander motor in Brandstraat gebots het nadat sy haar jongste seun by die Sentrale Volkskool Kroonstad opgelaai het.

Sy is op die toneel dood verklaar. Haar seun, Taiden (12), is in die hospitaal vir ligte beserings behandel.

Die drie insittendes van die ander voertuig is ongedeerd.

Die bestuurder se bloed is op die toneel getrek, waarna hy vir roekelose bestuur in hegtenis geneem is.

Paulo de Carvalho, Retha se man, en sy familie bedryf die afgelope 28 jaar die Kroonstad Haarkappers-salon.

Hy en Retha het 15 jaar saam in die salon gewerk, en die egpaar was 25 jaar getroud.

Retha sal onthou word vir haar liefde vir diere en haar jarelange betrokkenheid by die Kroonstadse DBV.

“Sy was ons familie se rots en het altyd ons as gesin eerste gestel,” sê Paulo.

“Retha was ’n liefdevolle mens wat met almal oor die weg gekom het – sy het altyd geselsies met mense aangeknoop. Haar liefde vir diere was aansteeklik, en ons as gesin het haar bewonder omdat sy alles kon doen.”

Sy word deur Paulo, hul twee seuns, Triston (23) en Taiden, en hul aanstaande skoondogter, Naz de Carvalho, oorleef.

Retha se gedenkdiens het Saterdag (10/04) in die NG Moedergemeente Kroonstad plaasgevind. Die diens is deur ds. Pieter Prinsloo gelei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.