Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Harde werk sy wenresep

Wanneer krieket jou passie is, byt die teenstanders gewoonlik in die stof.

Dít het die jong belowende krieketspeler BJ Pelser (15) van Kroonstad oor en oor bewys.

Dit is dié jong man se droom om eendag op nasionale vlak die land in krieket te verteenwoordig.

BJ, ’n gr. 9-leerling, speel vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) se eerste krieketspan.

Hy is bevoorreg om saam met sy broer Zander Pelser, wat tans in matriek is, vir die skool se eerste span te speel.

Hy speel ook vir die skool se o.15A-krieketspan.

BJ het ’n ingebore talent en het reeds as vyfjarige die krieketveld aangedurf. Hy is deur verskeie bekwame krieketafrigters afgerig.

In gr. 7 is hy vir die eerste keer vir die Vrystaat-krieketspan gekies. Hy blink as bouler en kolwer uit.

Hy is ’n veelsydige sportman wat reeds op verskeie vlakke in krieket, hokkie, rugby en atletiek presteer het.

Op laerskool het hy in gr. 6 en gr. 7 vir die Griffon-rugbyspanne uitgedraf.

Verlede jaar is hy vir die Noord-Vrystaat-hokkiespan en vir die Vrystaat-platteland-krieketspan gekies.

In gr. 8 het hy egter krieket en hokkie bo rugby verkies en sedertdien vaar hy goed in dié sportsoorte.

Hoogtepunte in sy sportloopbaan sluit in dat hy op laerskool sy skool op nasionale vlak in die 150 m-naelopenommer verteenwoordig het.

Om vir die Vrystaat-krieketspan te gespeel het, is ook bo-aan sy prestasielys.

BJ glo om te presteer, moet ’n mens hard werk.

Hy sê ’n mens leer daagliks en daardeur probeer hy homself verbeter.

Tydens die grendeltyd het hy gaan draf en by sy tuis- gimnasium geoefen om fiks te bly. Hy kan egter nie wag om terug op die krieketveld te wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.