Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hê jouself, ander lief

En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Só sê Jesus in Matteus 22:39.

Dié skrifgedeelte leer vir ons dat liefde vir jouself onlosmaaklik is van die liefde wat jy vir ander mense, jou naaste, moet hê.

  • Die onlosmaaklike band kom vir my na vore in die volgende drie punte: Liefde bou jouself en ander mense op; dit is nie afbrekend teenoor enigiemand nie.) God het jou so lief dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus, gestuur het om vir jou te sterf. Dit maak jou, en almal rondom jou, baie kosbaar.) Om jouself lief te hê behels dat jy jou eie gees en liggaam versorg en oppas.is om vir jou eie gees en liggaam om te gee, dit te versorg en op te pas.

Aan die begin van die Covid-19-pandemie het iemand geskryf: “Leef en tree elke dag op asof jy die virus het en ander mense daarvan wil beskerm. As jy so leef en optree, openbaar jy werklik naasteliefde.”

As ek dus die veiligheidsmaatreëls rondom Covid-19 – die dra van maskers, was van hande, handhawing van sosiale afstand en die gebrek aan sosiale afstand, hande was, geenfisieke kontak – kan toepas, kom ek hierdie tweede gebod na.

Wanneer ek hierdie veiligheidsmaatreëls toepas, gee ek nie net om vir my eie gees en liggaam nie, maar ook dié van my naaste.

So versorg en pas ek my gees en liggaam op asook dié van my naaste!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.