Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Help

Die Dierebeskerm­ingsvereniging (DBV) in Bethlehem het slegs geld vir drie maande oor, sê Corlene van der Merwe, voorsitter van dié vereniging se komitee.

Die vereniging se grootste behoefte is hondekos.

Met die winter wat voorlê, is komberse nodig, asook skoonmaakmiddels om die hokke mee skoon te hou. Teëls is ook nodig om die katte se hokke klaar te teël.

Om omheinings te herstel, is duiwelsvurk-heinings nodig.

Boumateriaal soos skroewe, sinkplate, sand en klip word ook benodig.

Die DBV se enigste voertuig is oud, en kan nie ’n waentjie sleep wanneer plaasdiere gehaal word nie.

Dié voertuig was in ’n ongeluk en het baie kilometers agter die rug.

Die Nasionale Lotery het in 2005 dié voertuig aan hulle geskenk en deesdae staan dit meer as wat dit ry.

Van der Merwe is dankbaar vir elkeen wat iets bydra.

Bel Van der Merwe by 082-458-5036.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.