Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoë pryse vir kos knou gesondheid

Die winter is ophande, wat natuurlik beteken die verkoue en -griepseisoen is hier.

Dan word daar in spanning gewag op die derde vlaag van Covid-19, wat moontlik op pad is.

Om gesond te bly, moet ons gebalanseerd eet. Dit sluit al die basiese voedselgroepe in, wat help met ’n sterk en goeie immuunstelsel.

Die stygende voedselpryse, weens verskeie ekonomiese faktore, is die oorsaak dat gebalanseerde etes vir die gemiddelde- tot lae-inkomstegroep onbegonne is.

Hoewel Suid-Afrika op dié stadium baie voedsel het, is dit ongelukkig vir miljoene net te duur.

Netwerk24 het in Maart berig dat die stygende voedselpryse, veral voedsel waarop armer huishoudings staatmaak, tussen 5% en 35% duurder is as ses maande gelede. Dit het die voedselsekerheid in Suid-Afrika erg geknou.

Suid-Afrika het verlede jaar tot die 69ste plek van 113 lande op die internasionale voedselsekerheidsindeks teruggesak. In 2019 was die land 44ste.

Die vraag is, hoe moet die landsburgers hulself gesond probeer hou in die middel van ’n pandemie as hulle nie eens ’n gebalanseerde bord kos per dag kan bekostig nie.

’n Oplossing vir die probleem behoort nagestreef te word.

Iemand sal moet verantwoordelikheid begin neem hiervoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.