Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hospitaal skort besoektye op, met enkele uitsonderings

Die Mediclinic Hoogland het sy besoektye van Woensdag (01/04) af tot verdere kennisgewing opgeskort.

Luidens ’n verklaring is die besoektye opgeskort weens die groeiende Covid-19-pandemie. Die hospitaal wil verseker dat pasiënte en personeel nie aan verdere risiko’s blootgestel word nie.

Daar sal uitsonderings gemaak word, soos vir besoeke aan: die neonatale waakeenheid (NICU), waar een ouer toegelaat sal word; die pediatriese afdeling, waar een ouer by die kind kan bly; en die kraamafdeling, waar die pa besoek mag aflê.

Spesiale toestemming moet van die hospitaalbestuur ontvang word om pasiënte wat kritiek siek is te besoek.

Mediclinic beklemtoon dat dit belangrik is dat almal ten nouste met gesondheids­dienste saamwerk en versoek die gemeenskap om die inperkingreëls, asook die hospitaal se maatreëls, te gehoorsaam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.