Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou jou gewig só onder beheer in grendeltyd

Pandemie-angs kan jou maklik noop om die spanning van dié tyd met kos te probeer besweer.

Wanneer jy stres, skei jy die hormoon kortisol af – en dit veroorsaak ’n groter eetlus.

Stres speel ook ’n rol in jou keuse van kos. Kortisol en verhoogde insulienvlakke, wat weens verhoogde glukose afgeskei word, lei tot kosdrange – dikwels vir soetgoed.

Wanneer jy dan suiker inneem, skei die liggaam die goedvoelhormoon dopamien af.

As jy verkeerd eet of ooreet, sit jy nie net gewig aan nie: ’n Dieët hoog in suiker en diervette is ’n oorsaak van siektes soos diabetes tipe 2, hartkwale en sekere kankers. Verkeerde kos beïnvloed ook die spysverteringstelsel.

  • Fokus hierop in dié tyd: Hou by ’n kosroetine. Moenie ná 20:00 eet nie.) Neem genoeg proteïen in sodat jy nie tussendeur peusel nie. Dit hou ook jou bloedsuikervlakke in toom. Eet om dieselfde rede genoeg vesel. ) Slaap genoeg. As jy moeg is, sal jy die volgende dag ’n groter eetlus hê en meer trooskos eet.) Skakel alle elektronika af as jy saans inkruip.) Drink meer water. ) Oefen gereeld. ) In stede van peusel, bel ’n vriendin, lees of drink rooibostee. ) Bederf jouself een keer per week met koek, ’n muffin of sjokolade. – Marguerite van Wyk, Sarie (Inligting: Martinette Basson, dieetkundige)
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.