Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou jouself buite besig met dié tuintake

As dit kom by die kies van bome en struike om die kroon van jou tuin te wees is daar ’n paar dinge om in gedagte te hou.

Hier is ’n paar tuintake waarmee jy jou vandeesmaand kan besig hou.

Wanneer jy ’n boom plant, kies immergroen en bladwisselende bome wat geskik is vir jou toestande. Die bosvlier (Nuxia floribunda), rivierverfbos (lndigofera jucunda), witkaree (Searsia pendulina), witysterhout (Vepris lanceolata), laventelboom (Heteropyxis natalensis), swartbas (Diospyros whyteana), blinkblaar (Rhamnus prinoides) en nieshout (Ptaeroxylon obliquum) groei almal so dat hulle ’n wonderlike woudkroon vorm.

Struike soos bloublokkiesbos (Mackaya bella), asalea, viburnum en plectranthus vorm die woudvloer, terwyl scadoxus, haemanthus, boslelie, streptocarpus, veltheimia en varings seisoenale prag op die grond verskaf.

Pleks van ’n heining van een variëteit, plant ’n gemengde heining om heeljaar kos, skuiling en nesmaakplek vir voëls te bied.

Voorkom skade weens sipresluis deur plantluisdoder-korrels by die grond rondom die basis van konifere in te werk (een eetlepel per vierkante meter) en goed nat te maak. Spuit klein konifere een keer per maand in die winter met Efekto Aphicide.

Maak suurlemoen- en lemoen­bome een keer elke twee weke goed nat en bemes met ’n stadig vrystellende misstof wat geskik is vir sitrus. Maak seker die water en kunsmis bereik die takke se druplyn.

Plante gooi botsels af indien hulle nie genoeg water kry wanneer hulle blomkoppe vorm nie. Maak asaleas, magnolias, rododendrons, kamelias en lenteblommende struike uit die winterreenstreek een keer per week goed nat. In koue tuine moet jy nie nou ingrypend terugsnoei nie, want tenger nuwe groei doen maklik skade op weens koue wind en ryp.

Gaan dwarslêers en tuinbankies na en vervang enige verrottende hout. Maak geroeste staal en gietyster­bankies skoon met ’n draadborsel en verf dan met ’n onderlaag, gevolg deur ’n bolaag vir buitegebruik.Bron: Gilian Eva, Tuis

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.