Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou vas aan wat jy geleer het

My vader het my toe ook geleer en vir my gesê: “Wat ek jou sê, moet jy vashou, my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe. – Spreuke 4:4

Julianne Koepcke (17) het op Oukersaand 1971 saam met haar ma na die reënwoud in die Amasone gevlieg.

Hulle sou Kersdag by haar pa, wat daar as plantkundige gewerk het, kuier.

Omtrent 40 km van waar hulle sou land, en reg bo die woud, het ’n weerligstraal die vliegtuig getref.

Sy en haar sitplek is deur ’n gat in die romp gesuig en het meer as 3 km grond toe getuimel.

Wonderbaarlik het sy die val oorleef; die enigste van 93 passasiers en bemanning.

Toe sy Kersoggend in die middel van die reënwoud haar bewussyn herwin, was haar skouer gebreek. Sy het ook ’n groot wond aan haar arm gehad en een van haar skoene was weg.

Verder was sy sonder haar bril, waarvan sy baie afhanklik was, en het net ’n pakkie lekkers in haar sak gehad om te eet.

Nege dae later het sy uiteindelik by mense uitgekom.

Toe hulle haar vra hoe sy dit gemaak het, het sy dadelik geantwoord: “My ouers het ons van kleintyd geleer hoe om te oorleef.”

Leer jou kinders die regte goed van die lewe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.