Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hulp vindingryk gebied

ChangeNetSA, ’n sambreelorganisasie wat armoede in die Oos-Vrystaat pak, se bedrywighede moes weens die staat van inperking op die ys geplaas word.

Nuwe prosesse moes ook weens die wydverspreide nood van die Covid-19-pandemie ingestel word, sê Justice Scott, medestigter van dié organisasie.

Een van hierdie projekte is ChangeNetSA se Winterprojek, waar mense R200-koopbewyse kan gee en iemand in nood help om klere of elektrisiteit te koop.

  • Só kan jy help: Op ChangeNetSA se Facebookblad, www.facebook.com/Changenetsa, is ’n R200-koopbewys beskikbaar, asook die bank­besonderhede vir betaling.) Dit is nie ’n fisieke koopbewys nie, net digitaal. Vir jou verwysing met die inbetaling, gee jy jou naam en “koopbewys”.) Jy kan kies of jy die koop­bewys wil gee vir elektrisiteit of klere en drie maskers. ) Jy kan ook kies of jy ’n begunstigde wil benoem, en of ChangeNetSA ’n behoefte moet identifiseer.
  • Stuur ’n WhatsApp-boodskap met jou keuses vir Scott by 061-534-2311.
  • Jy sal dan terugvoer van Scott ontvang via ’n WhatsApp-boodskap. Jou R200-bydrae is veel­doelig en van die fondse word aangewend vir kinder-, bejaarde-, diere- en droogtesorg. Die internskapprogram vir naaldwerk, die maskerprojek, baat ook hierby.
  • Kontak Retha Pretorius by 083-602-0343 of rethap@­mtnloaded.co.za vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.