Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Instansie droom groot

Die nuwe bestuur van Nozipo Care wil sy nuwe beeld as dienaars promoveer met talle nuwe projekte wat aangepak word.

Die nuwe bestuur is op Donderdag 30 Augustus tydens hul algemene jaarvergadering verkies. Die organisasie is in Tennantstraat geleë en huisves tans 91 mense, wat kinders insluit. Die meerderheid van die inwoners is mans, hoewel die instansie vir mans en vroue is.

In die toekoms word daar beoog om nie kinders by die instansie toe te laat nie, tensy dit binne gesinsverband is. Daar word met individue met verslawings gewerk en die omgewing is dus nie veilig vir minderjarige kinders nie.

Die instansie ontvang nie subsidie van die staat nie en is afhanklik van geldinsamelingsprojekte en donasies.

Die toekomsvisie is om ’n Christus-gesentreerde rehabilitasie-sentrum te wees vir mense met lewensvatbare probleme en verslawings.

Daar word beoog om die inwoners ’n program van minstens ’n jaar te laat voltooi, afhangende van die individu se behoeftes en betrokke verslawing.

Die uiteindelike doel van die program is om hulle deur middel van dissipelskapklasse, ondersteuningsgroepe en terapie te laat rehabiliteer ten einde hulle weer in die samelewing te kan instuur.

Dié organisasie beplan ook ’n houtwerk-, elektriese en ketelmakerwerksessie om die inwoners te bemagtig met vaardighede wat hulle sal toerus vir wanneer hulle die program by die instansie voltooi het. Daar word verder ook beoog om ’n twee jaar Bybelskool onder leiding van past. Bryan Viljoen aan te bied. Dié Bybelskool sal ook vir die publiek wees. Daar word herstelwerk aan die gebou en perseel gedoen en ander projekte sluit ook ’n set-set-baan in wat van die inwoners self bou. Die publiek sal op Saterdae die baan kan gebruik. Daar word nog materiaal vir die bane benodig ten einde die projek te kan finaliseer.

Hulle beskik oor ’n stuk grond en wil ’n kleinskaalse boerdery begin waar hulle groente plant vir die kombuis om die inwoners van maaltye te kan voorsien. Die groente sal ook aan die publiek beskikbaar wees.

Nog ’n toekomstige projek is om sowat 15 tuinhuise op ’n aparte deel van die perseel te bou en die pensioentrekkers wat tans in die instansie woon daarheen te skuif. Die inwoners wat vir rehabilitasie daar opgeneem word, sal dan geskei wees van die bejaardes wat nie noodwendig ’n verslawing het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.