Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners kom reëls beter na

Kort nadat pres. Cyril Ramaphosa se staat van inperking weens die Covid-19-pandemie in werking getree het, het dit op die sosiale media gegons oor dele van die Oos-Vrystaat waar die lewe klaarblyklik ongestoord voortgaan.

Lynda Greyling berig dat die winkels in Bethlehem op die eerste dag van Sassa-uitbetalings buiten­gewoon besig was. By Shoprite en Boxer Superstores, albei in Malan­straat, was dit opvallend hoe inwoners nie die reëls rondom sosiale afstand nakom nie.

By die Dihlabeng Mall op die Preekstoelpad en Sechaba Mall in Mullerstraat het mense wel buite in rye gewag sodat slegs enkele mense op ’n slag toegelaat kan word.

Volgens Greyling was apteke, die Pick n Pay Minimarket in Baartmanstraat en die Spar-winkels, onderskeidelik in Eeufees- en Pretoriusstraat, net so bedrywig.

Teen Saterdag (04/04), sê Greyling, was die dorp aansienlik stiller en is daar ooglopend meer by die reëls van inperking gehou.

  • Die Pick n Pay Minimarket, Derick’s Spar en Spartan Spar het intussen ’n WhatsApp-afleweringsdiens ingestel waardeur klante bestellings kan plaas. Hul aankope word by hul voertuig in die onderskeie winkels se parkeerterrein afgelewer, waar hulle ook elektroniese betalings kan doen of met kontant kan betaal. Vir WhatsApp-nommers en meer inligting oor hoe om dié winkels se diens te gebruik, besoek Vrystaat Nuus/News se Facebook-blad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.