Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners spring in

Lede van Bethlehem-Tafelronde 60, die Rotary-klub in die dorp en die AfriForum-buurtwag het op 20 Maart opruimingswerk in Pretoriuskloof gedoen.

Die Bethlehem-gemeenskap het in die afgelope twee jaar onder ’n vlaag van misdaad deurgeloop en Pretoriuskloof was die sentrale punt van die bedrywighede.

Die week voor die skoonmaaksessie is intensiewe beveiliging van die kloof gedoen om te verseker dat die omgewing ten tyde van die opruiming veilig sou wees. Op die betrokke dag was die buurtwag vir die opruimspanne se veiligheid verantwoordelik.

“Ons wil die gemeenskap versoek om betrokke te raak sodat ons die kloof skoon en veilig kan maak vir mense wat gaan wandel en fietsry,” sê Gwyn Grobler, voorsitter van Bethlehem-Tafelronde 60.

“Dié skoonmaaksessie was net die begin. Sodra die kloof weer vir die gemeenskap toeganklik is, kan ons na die Loch Athlone-vakansieoord en die res van ons dorp aanbeweeg.”

Tafelronde en Rotary bedank die gemeenskap, ondernemings, borge, die Dihlabeng-munisipaliteit, die AfriForum-buurtwag, die Bethlehem-Rapportryers en alle betrokkenes vir hul bydrae om van die projek ’n reuse-sukses te maak.

Intussen is die #OnsSalSelf-projekte in Bethlehem goed op dreef. Suksesverhale word daagliks op die sosiale media gedeel.

Inwoners word aangemoedig om betrokke te raak om só in hul onmiddellike omgewing ’n verskil te maak.

  • Lees meer hieroor op bl. 3.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.