Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jaareind kruip nader

Maandagoggend op pad werk toe hoor ek hoe die omroeper van ’n radiostasie vir luisteraars vra om in te skakel en te vertel waarvoor hulle voel hulle nou te oud is.

Ek lag effens toe iemand inbel en sê: “Ek is maar net 31, maar ek is regtig te oud om op ’n Maandag op te staan om werk toe te gaan.”

Op dié spesifieke oggend voel ek ook skielik te oud om op ’n Maandag werk toe te gaan.

Wat is dan nou so anders aan hierdie dag as enige ander Maandag?

Toe besef ek: Die einde-van-die-jaar-sindroom het dié jaar vroeër as gewoonlik gekom.

Baie van ons voel weer tam, oorweldig en vreesbevange vir die laaste byna 12 weke van die jaar.

Dit raak ál moeiliker om te konsentreer om alles gedoen te kry.

Teen dié tyd smag ’n mens om die kantoor- of klaskamerdeur toe te trek en êrens heen te verdwyn – maar dit is amper eksamentyd vir leerlinge en alles by die werk moet klaarkom voordat die vakansie kan begin.

Ons is moeg. Fisiek en emosioneel, maar ons moet deurdruk.

Loop tog versigtig en kyk gedurig oor jou skouer – dié sindroom oorval jou soos ’n dief in die nag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.