Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jakkalsies storm net in

Ek poog werklik om ’n positiewe mens te wees, maar soms is daar klein jakkalsies wat onvoorsiens ’n mens se lewens­wingerd binnestorm en daarop uit is om die harde instandhoudingswerk wat oor jare gedoen is, te probeer vernietig.

Waarom sal die laatkommers by ’n teatervertoning altyd lang mense met opgedoende hare wees wat reg voor jou kom sit, gewoonlik met ’n selfoon wat soos ’n neonteken glim en eers hul ganse familie laat weet dat hulle aangekom het en onder mekaar met girtshandsakke fluister en só jou totale teaterervaring verwoes?

Waarom is daar mense wat nie verstaan dat ’n fliekkaartjie deesdae ’n fortuin kos nie en dat ’n mens tydens die fliek nie krag het vir krakende plastiek wanneer eetgoed uit ’n springmielie-combo verslind word nie?

Dan is daar die vloekstene wat, wanneer ’n mens langpad ry, soos snuffelende honde teen jou motor se kattebak kom ry, met die roekelose doel om enige gaping te vat en hulself twee minute te spaar op pad na waarheen ookal.

En wie ken nie die ervaring van ’n lang ry mense in ’n supermark met ’n groot hoeveelheid kasregisters sonder kassiere nie? Of wanneer al die kitsbanke behalwe my bank s’n werk en ek ’n fortuin aan bankkoste moet betaal indien ek by een van die ander banke se masjiene kontant trek?

Wanneer iemand uit ’n hospitaal ontslaan kan word, weet niemand waar die dokter is nie. Almal moet maar wag tot die een of ander tyd – dalk vanoggend, moontlik vanmiddag en miskien vanaand.

Jammer vir die geknor en gemor, maar ek moet darem een keer ’n jaar jakkalsjagter wees voordat ek myself kan herinner dat om te fliek, toneel te kyk, langpad te ry, geld te trek, goeie mediese dienste te ontvang en kos te koop alles wonderlike voorregte is wat nie almal het nie.

Dan stap ek gedagtelangs deur my lewenswingerd en oes die vrugte van vrede, vreugde en kosbare oomblikke waar die jakkalsies in onbenulligheid verval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.